In “Die Keiservoël Oor Namaland” vertel ek van die wreedhede wat in Lüderitzbucht se konsentrasiekamp gebeur het. Na meer as honderd jaar het Duitsland besluit om amptelik verskoning aan te teken, maar soos altyd sukkel mense om saam te werk. Dit is ironies dat dit juis een van die dieper temas in die boek is. Die verskillende bevolkingsgroepe in Namibië baklei nou om die geld in die hande te kry. Solank hulle baklei wil Duitsland nie betaal nie. Ai tog…