Dag 83: Die Keiservoël vlieg verder

Ons vertrek om 12h00 weer na ons geliefde Namibië. Ons vlieg met British Airways want die Kameel wag in Windhoek, waar dit gisternag -9.9º Celsius was, maar vanaand gaan die harte warm klop. Om 18h30 doen ek ‘n bekendstelling van my boek, “Die Keiservoël Oor Namaland” vir die Kritters, ‘n befaamde leesklub met ‘n 30 jaar geskiedenis, by die saal van die NG Kerk Eros. Daar was die afgelope weke wye belangstelling oor hierdie storie, moontlik aangevuur deur Duitsland se erkenning, vir die eerste maal in 100 jaar dat die Nama- en Herero-oorloë waaroor die boek o.a. handel volksmoord was.

Belangstellendes kan vanoggend tussen 0745 en 0815 na die uwe luister op Radio Kosmos 94.1  Hierdie Afrikaanse radiostasie saai ook op internet uit op http://192.185.93.155/~kosmoscom/ of op kanaal 876 op DSTV.

Nadat ons in Windhoek inkopies gedoen het vertrek ons per Kameel, ‘n 1999 Toyota dubbelkajuit met AHA kampeerwa op sy rug, vir ‘n tien dae vakansie in Damaraland. Ons ontmoet ons vriende Bertus en Esme van Zyl by die Khowarib Schlucht en sal dan verder toer. Ek sal elke dag interessante vertellings en mooi foto’s op hierdie dagjoernaal plaas, soos wat ek in April gedoen het. Damaraland is die laaste wildernisgebied, buite wildtuine, waar mens woestyn olifante, renosters en leeus te sien kan kry. Ek wil foto’s gaan neem voor dit te laat is.

Rooibors-laksman_G1S7148
Die rooiborslaksman of Keiservoël speel gasheer vir die heuningwysers se eiers. Sodra die heuningwysertjies uitbroei maak hulle die kleintjies van die gasheer dood met hulle spesiale skerp snaweltjies. Die analogie met die moord en doodslag van die destydse Nama-oorlog en Herero-slagting was ‘n tema wat ek op dubbelsinnige wyse probeer inweef het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s