Dag 15: Is die Khoi-San of Boesmans regte mense?

Is die Khoi-San of Boesmans regte mense?

Dit klink na ’n onsinnige vraag. In vandag se terme is dit natuurlik onsinnig, maar ’n eeu gelede het mense so gedink.

In die boek, “Die Keiservoël oor Namaland” behandel ek die onderwerp op subtiele wyse. Hou in gedagte dat die boek ’n roman is, fiksie gebaseer op die waarheid. Dit is nie ’n teksboek nie, en daarom is dit nie moontlik om feite te beredeneer nie, maar ek het met terloopse opmerkings probeer om kommentaar te lewer op hierdie onsinnige vraag.

In die eerste plek beteken die naam Khoi-Khoin “die regte of eerste mense,” in skerp teenstelling met Khoi-San, wat slegte mense  of struikrowers beteken. Lees gerus gister se dagboek, “Dag 14,” vir ’n verduideliking.

Die Khoi-Khoin, waarvan die Namas afstammelinge is, het hulleself dus as die regte mense beskou. Die dubbele gebruik van die woord Khoi, dui daarop. Hulle sê as’t ware daarmee, “Ons is die mense” en ook tegelykertyd “Hulle, die Khoi-San, is nie.”

Dit is ironies dat die Khoi-Khoin moontlik die eerste mense was wat die egtheid van ’n ander groep as mense betwyfel het.

In “Die Keiservoël oor Namaland” laat ek aanvanklik selfs vir Ernst dikwels die gedagte formuleer, dat hulle, die Duitse immigrante, die eerste mense van die land is. Ek laat hom toe om aanvanklik te vra of die koperbruin wesens (Nama krygsgevangenes) mense is. Natuurlik leer hy vinnig die waarheid, teen die agtergrond dat iemand, moontlik die bose dr Fischer, sê “Aber er ist nür ein Jude…” (Maar hy is net ’n Jood) terwyl hy wat Ernst besig is om sy bewussyn te herwin. So raak die mensheid al dan nie van sekere rasse, ’n tema wat deur die boek loop.

Die navorsing wat deur dr Fischer op Haai-Eiland in Lüderitz se baai gedoen is het hom die bevinding laat maak dat die Namas ’n minderwaardige ras, “Untermenschen” was. Dit het aanleiding gegee tot dwaling, volksmoord, en uiteindelik tot die Jodeslagting in Nazi Duitsland, aldus my en ander se beredenering.

Dit is interessant dat mens tot so onlangs as 1968 in Botswana ’n lisensie kon koop om Boesmans te jag. Afskrifte van die lisensies is beskikbaar in die museum in Gaberones. Hoekom praat en skryf mense nie daaroor nie?

NAMIBIA GENOCIDE_1024

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s