Die begin van die skryfproses: “Keiservoël”

Antjie Krog skryf “want sy is woedend.” Iets het my gedryf, van kleins af om te skryf. Daardie iets het my oorweldig in 2007. Ek kon nie anders nie, en het gaan sit en begin skryf.

Luderitzbucht-1903

My storie begin in die hawe van Lüderitzbucht, vandag se Lüderitz, op 27 Maart 1906 met die aankoms van ‘n stoomskip wat die Luchtenstein-gesin bestaande uit Ernst, sy ma Therese, en sussie Charlotte, later oom Dicky se ma (sien vroeëre dagboekinskrywings). Omdat dit ‘n roman, maar gebaseer op werklike gebeure is, het ek twee half-broers wat ek aanvanklik ingesluit het, in latere herskrywes weggelaat.

Hierdie foto, wat ek in die argiewe van die Namibiese Wetenskaplike Vereniging se argiewe ontdek en gedupliseer het, wys die toneel, soos ek dit geskets het, behalwe vir die konsentrasiekamp, wat eers ‘n jaar na hierdie foto gekom het.

Daar is die lendelam houtkaai, ‘n groot stoomboot, soos die Gertrud Woermann, kleiner walvisjagskepe, roeibote en selfs ‘n drie-mas seilskip, wat ek nie beskryf het nie. In die agtergrond kan Haai-eiland ook gesien word. Hier het Ernst met die afklimslag byna verdrink.

Die toneel lyk redelik kalm, maar onthou dit is Lüderitz, die windfabriek. Deesdae kom die wêreld se beste windplankryers elke jaar na Lüderitz vir die Spoed Uitdaging. Elke jaar verbeter hulle die rekords. Wanneer die wind waai raak die see onstuimig.

Om in hierdie woeste waters ‘n groot stoomskip se passasiers af te laai was ‘n gevaarlike besigheid. Vandag is daar ‘n ordentlike hawe.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s