Dag 12: Die Relevansie van “Die Keiservoël oor Namaland” vandag

Vir die wat laat gekom het: “Die Keiservoël oor Namaland” is ‘n roman wat ek geskryf het teen die agtergrond van die tyd, ruimte, letsels en bloeisels van die Duitse tydperk in Namibië, en wat binnekort sal verskyn. Ek het agt jaar hieraan gewerk.

Ek skryf van ‘n hele klomp ware gebeure, “vreemder as fiksie.”

Een van die hooftemas van die boek is die konflik tussen die Namas, Herero’s en Duitsers wat aanleiding gegee het tot die allerverskriklikste wreedaardighede, en op die ou einde spoor gevat het tot in Auschwitz, Nazi-Duitsland.

Effens verskuil in die teks is my sosiale kommentaar op rassisme, grondeise, taalkwessies en naamsveranderinge, sake wat vandag baie relevant is, veral in Suid Afrika.

Gister het in Die Republikein, die Namibiese koerant die volgende artikel verskyn:

http://www.republikein.com.na/duitse-regering-moet-erken-en-betaal.257733#slide-2-field_image-257733

Hierdie saak sloer nou al jare lank, maar weier om te verdrink. Een van die wreedhede waaroor ek skryf is die versameling van ‘n klomp Nama en Herero skedels, en die versending daarvan na die Keiser Wilhelm Instituut in Berlyn vir antropologiese navorsing. Een van die karakters in die boek het twee boeke daaroor gepubliseer (in die regte lewe) en bevind dat die Namas ‘n minderwaardige ras is, die vermiste skakel, as jy so daaraan wil dink. (Geure van Homo naledi, nie waar nie, Mathole Motshekga ?)

Nou eis die Namas en die Herero’s kompensasie, soos die Jode na die Tweede Wêreldoorlog.

Op die foto verskyn ‘n aantal soldate in uniform, snaaks genoeg nie in die bekende Schutztruppe uniform nie, wat besig is om die skedels te verpak, heel moontlik op Haai-eiland, Lüderitz, vir verskeping na Berlyn. Was hierdie dalk militêre polisie of die voorlopers van die berugte SS?

skedelsverpak

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s