Dag 9: Die storie agter die storie: “Die Keiservoël oor Namaland”

Ons was terug in SA. Ek het inligting uit oom Dicky se mond en van dokumente uit die Sam Cohen biblioteek in Swakopmund, en uit Lawrence Green se twee boeke.

Kortliks is die storie van die Luchtenstein-gesin wat in die destydse Duitswe aankom in Lüderitz, op pad Keetmanshoop toe oorval die Nama kommando hulle, Therese die ma val op haar knieë voor die leier en smeek om genade maar die leier sê mens kniel voor God alleen en laat hulle ongedeerd wegkom. Die Nama-leier word gevang en doodgemaak. Ernst kruip later jare tydens die Eerste Wêreldoorlog in die Karasberge weg vir agtien maande, slaan ‘n luiperd dood en word mettertyd die rykste man in Suidwes-Afrika.

Dit was die inligting waaruit ek ‘n storie wou bou, maar wat wou ek regtig sê. Ek moet erken dat ek aanvanklik nie presies geweet het nie. Mettertyd sou “die engel uit die klip uitklim,” soos hulle sê. Meer korrek is dat ek daardie engel uit daardie klip moes kap, hou vir hou, millimeter vir millimeter totdat die kolos alleen kon staan, vir die hele wêreld om te sien.

Die eerste toets was om uit te vind of enigiemand sou belangstel in hierdie geskiedenis.

Die eerste persoon vir wie ek die storie vertel het was ‘n Engelse kollega. Ons het gaan gholf speel op St Andrews se ou baan, die baan van alle bane en het baie tyd op Edinburgh se lughawe gehad. Toe vertel ek hom die storie, terwyl ek sy reaksie fyn dophou. Hy was verstom en ek het geweet dat dit ‘n goeie storie moet wees.

‘n Paar jaar later het dieselfde Engelse kollega saam met ‘n paar vriende in SA kom kuier en my gevra om die storie weer te vertel, maar die keer in Lüderitz. Hulle het drie dae in Lüderitz kom spandeer en ek het die storie vertel, ingekleur met al die nuwe inligting wat ek sedert 2007 ingesamel het. Hulle was ook beïndruk.

Ek wou graag een sentrale tema, ‘n goue draad, hê. Dit sou baie dinkwerk en skryfwerk kos, maar voordat ek by daardie punt gekom het, moes ek eers nog inligting kry. Ek moes eers die Namibwoestyn, sy diere, plantegroei, voëllewe, klimaat en sy mense leer ken. Dit sou ook ‘n lang tyd neem.

Intussen het ek Namibië begin liefkry. Vandag is ek hartstogtelik lief vir daardie land, so lief dat ek môre soontoe sal verhuis, as ek kan. En presies so het dit met my storie, “Die Keiservoël oor Namaland,” se sentrale tema, sy goue draad, ook gewerk. Die goue draad was net een dag daar. Toe ek my oë oopmaak toe staan dit daar, klaar op papier, en ek het dit self geskryf, sonder dat ek dit agtergekom het. Maar dit is ‘n lang verhaal.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s