Dag 7: Die Skryf van “Die Keiservoël oor Namaland.”

“Langs die Kampvuur” en Ernst Luchtenstein: Roger Webster

Ek het natuurlik dadelik vriend Google gebruik om meer oor Ernst Luchtenstein te leer. Die uitslag van my soektog was teleurstellend, maar tog was daar die een verwysing na ‘n boek, “Langs die Kampvuur”, deur Roger Webster. Ek het die boek by Amazon bestel en geduldig gewag.

Die boek het gekom en ek kon lees. Teleurstelling nommer twee. Daar was niks in die boek wat ek nog nie geweet het nie.

DSC_2754 DSC_2755

“Langs die Kampvuur” is eintlik ‘n bundel van kortverhale geskoei op radiorubrieke wat op SAFM uitgesaai is. Storie nommer 1 is “Die Verhaal van Ernst Luchtenstein.” Eintlik is hierdie storie niks anders as ‘n feitlik woord-vir-woord herhaling van Lawrence Green se vertelling in “To the River’s End” nie. Dus, geen nuwe inligting nie. Daar was een opmerking wat my wel hoop gegee het: Die skrywer het gesê dat Ernst se kinders hom na die radiopraatjie gekontak het. Daar was hoop. Daar was ‘n nageslag, maar dit sou nog baie lank neem voordat ek hulle sou opspoor.

In beide Lawrence Green se “To the River’s End” en “Langs die Kampvuur” is die verhaal van hoe die Luchtensteins deur “hottentotte” of dan “Namas” oorval en beroof is, wat oom Dicky se storie bevestig het. Vir my het oom Dicky gesê dit was Simon Koper of “een van daardies,” maar in beide geskrifte staan dit duidelik dat dit “Cornelius” was. Latere navorsing het inderdaad bevestig dat dit net Cornelius Fredericks, seun van Josef Fredericks, van Bethanië kon wees.

In die verhaal word vertel hoedat Ernst se ma, Therese, voor Cornelius op haar knieë geval het en om genade gesmeek het, en dan die ongelooflike sin uit Cornelius se mond, in perfekte Duits: “Mevrou, kniel voor God alleen, nie voor ‘n mens nie. Ons veg nie teen vroue en kinders nie.”

Hierdie een enkele sin het my aangegryp. Hier was ‘n inboorling, hottentot, barbaar, soos so dikwels beskryf, wat meer verstaan het van die beskawing as mense vandag. Hulle was in ‘n oorlog gewikkel, maar hy het kans gesien om soos ‘n heer op te tree. Hoekom?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s