Ons vakansie in Namibië (in die jaar 2007) was verby. Ek het skaars in die huis ingestap toe trek die Luchtenstein-storie my na my klein biblioteek. Daar was net iets…Iets het my gepla.
Ek het “To the River’s End” en “Lords of the Last frontier” van Lawrence Green van die rak afgehaal en daar was dit. Stories oor Ernst Luchtenstein. Ek het gaan sit en die kort verhaaltjies stadig deurgelees, en in die loop van die volgende agt jaar dit vele maal herlees.
Omdat ek nou in die pylvak is met die publikasie van die boek, het ek die twee stukkies vanoggend weereens deurgelees, en so ook al die ander uiters beperkte inligting wat ooit gepubliseer is. Ek wou 100 persent seker maak dat ek nie iets misgekyk of verkeerd geïnterpreteer het nie.
Wat my vanoggend getref het was die teenstrydighede van die verskillende outeurs, en die verhale van die nageslag, soos aan my vertel.
Ek het my eie menings en het “my verhaal” oor die man en die gebeure in die boek weergegee.
Hier is die “frontispiece” in “Lords of the Last Frontier”: