Dag 5: Die Skryf van “Die Keiservoël oor Namaland.”

Ons keer terug na Kiriis Wes en oom Dicky in 2007.

Ek en Johan het klaar gejag. Hy gaan terug SA toe en Bertus en Esme van Zyl sluit by ons aan. Ons vier hou verder vakansie in Namibië terwyl ons wag dat die biltong droog word.

Eerste stop is die Visriviercanyon. Terwyl ek heeltyd dink aan oom Dicky se stories tuur ek oor die canyon, onbewus daarvan dat hierdie einste canyon ‘n groot rol speel in my verhaal wat tot op daardie stadium nog in die Namib se rotse gefossileer is. Ek sou nog baie moes kap en beitel om by die waarheid uit te kom, om daardie storie uit die myn van die verlede op te diep.

Later besoek ons Lüderitz en besigtig Kolmanskop, eweneens onkundig van hierdie twee ikone se plekke in die legkaart.

In Swakopmund haas ek my na die Sam Cohen museum om daar ‘n rekenaarsoektog na Ernst Luchtenstein se doen en late te doen. Baie jare later sou ek beide Sam Cohen en Ernst Luchtenstein se dogters in die Kaapse waterfront raakloop. Die twee dogters, nou bejaard, is vriende net soos hulle ouers dekades gelede.

Dit is vir my verstommend dat ‘n plek soos Swakopmund, en Windhoek se biblioteke, museums en argiewe so effektief instand gehou en bestuur word, terwyl hier in SA gaan alles ten gronde. Binne minute wys die vriendelike Duitse dame vir my die uitslag van my soektog. Ek stap uit, met drie gekopieerde artikels in die ou SWA Journal, deur Ernst Luchtenstein!

Ernst-SWA-Journal

My navorsing het begin.

Ons vlieg terug Keetmanshoop toe in Bertus se vliegtuig. Op die lughawe wag oom Dicky vir ons met die sakke biltong. Ek haal die drie artikels uit en wys dit vir hom.  Een spesifieke artikel slaan sy asem weg:

Ernst-luiperdstorie

“To this day, my sister, Mrs Strauss of Kirries West, boasts with the possession of a very fine leopard skin. It has no bullet hole, but between the eyes one can still see a distinct scar.”

“Mrs Strauss” is natuurlik oom Dicky se ma, en Ernst Luchtenstein se “klein” sussie, wat saam met hom op die skip aangekom het in 1906. Die storie van die luiperd het ek baie akkuraat probeer weergee in “Die Keiservoël oor Namaland,” soos die meeste van die ander verhale en legendes.

Ons vlieg terug SA toe, reg bo-oor Kirriis Wes, tot oom Dicky se groot vreugde.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s