Die skryf van “Die Keiservoël oor Namaland”

Foto-1-Ukamas

In 2007 het ek op Kiriis Wes, (reg gespel), die plaas van wyle oom Dicky Strauss gaan jag. Kiriis Wes is tagtig kilometer oos van Keetmanshoop, op die pad na Aroab, Namibië.

Oom Dicky het my ‘n storie vertel wat my hele lewe verander het, omdat ek  daardie verhaal vir die wêreld op skrif gestel het. Die boek, “Die Keiservoël oor Namaland” verskyn voor die einde van die jaar.

Hierdie dagboek is die storie agter die storie. Dit is my verhaal van die meer as vyf en twintig skrywes en her-skrywes, die redigering, die reise na Namibië, Bethal en Kaapstad vir navorsing, die gesukkel met uitgewers, die mense, die landskap, die toeval, die noodlot, die teleurstellings, en uiteindelik die triomf.

Ek het meer as agt jaar hieraan gewerk. Ek het baie vriende in hierdie proses gemaak, en te veel van hulle reeds aan die dood afgestaan.

Ek nooi u uit om saam met my op reis te gaan deur Namaland. Kom sit saam met my om die virtuele kampvuur. Kom lees elke dag  die ongelooflike verhale van die vroeë geskiedenis van Namaland, en hoe Adolph Luderitz op “ietwat bedrieglike wyse” die Namas se grond bekom het, die Nama-oorlog van 1904-1908 (min of meer, soos u sal sien), van Ernst Luchtenstein, wat as kind in Duits Suidwes Afrika aangekom het, en die rykste man in Suidwes Afrika geword het.  Kom lees hoe ek die eerste weergawe van 150 000 moes snoei tot 100 000 woorde, hoe ek dus “my darlings moes kill.”

Ek wil vertel van die ontmoeting met my uitgewer, nadat hy die publikasie reeds goedgekeur het, en hoedat hy twee dae later dood is. En hoe ek weer voor moes begin om ‘n uitgewer te soek.

Ek wil vertel van //Khauxa!nas, ‘n vreemde plek wat nog deur min oë gesien is, van my besoek aan hierdie plek waar my verhaal eindig.

Ek wil u bekendstel aan die Namas se taal, en aan hulle dialek van Afrikaans. Ek wil vertel van die verskil tussen Khoi-khoi en Khoi-san, van die voëls van Namaland, van die Namas se kultuur.

Ek wil u bekendstel aan die ontstaan van die grootste onreg van die twintigste eeu, Duitsland se Jodeslagting, en hoe dit reeds op Haai-eiland in Luderitz begin het, lank voor die Tweede Wêreldoorlog.

Kom loer elke dag hier in om te lees van hierdie ongelooflike storie, Die Skryf van “Die Keiservoël oor Namaland.”

4 thoughts on “Die skryf van “Die Keiservoël oor Namaland”

    1. Beste Bertie, wees verseker dat ek persoonlik die boek sal kom oorhandig. Ek was nog nooit so naby aan klaar as nou nie. Nog net die laaste paar hekkies dan is ons daar.
      Groetnis.
      Koos

      Like

  1. Wat ‘n verassende toeval om van jou besondere boek te hoor Koos! Ek en Andre (Grootfontein, 1980) sal graag ‘n eksemplaar wil bekom, ook oor ons ses jaar in Gobabis gewoon het waar ons ‘n onuitwisbare toegeneentheid tot die land ontwikkel het.
    Ilse Mouton, Paarl

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s