
For this entry on http://www.kaiserbird.com I will first write the Afrikaans version and below that the English version.
Ek het in 2007 begin om te skryf aan die boek wat uiteindelik in 2016 as Die Keiservoël Oor Namaland gepubliseer sou word. Hierdie boek het nie alleen die ganse verloop van my lewe verander nie, maar ek het daarvoor ook die gesogte Orde van die Beiteltjie ontvang. Die boek is later vertaal as The Scourge of the Kaiserbird.
Net na die verskyning van Die Keiservoël Oor Namaland is ek uit die bloute gekontak deur Kaptein John Cornelius Witbooi, leier van die Witbooi-Namas van Suid-Afrika. Hy het groot waardering vir die boek uitgespreek, maar het my baie vriendelik versoek om ‘n nuwe boek oor die kultuur en geskiedenis van die Namavolk te skryf. Hy het aan my ‘n hele stapel boeke en dokumente oorhandig.

Weens verskeie redes het ek lank getalm voordat ek hierdie projek aangepak het. Uiteindelik, in Desember 2024, is die projek afgehandel toe Eeue van Onreg uit my pen gepubliseer is. Die boek is gedurende die Internasionale Namafees op 16 Desember wat op Carnarvon in die Noord-Kaap gehou is bekend gestel. Die boek is ook gunstig vermeld in een van die laaste uitgawes van Rapport. Eeue van Onreg is ook gratis om te lees aanlyn beskikbaar by http://www.koosmarais.com
Eeue van Onreg, sowel as Die Keiservoël Oor Namaland en The Scourge of the Kaiserbird is beskikbaar op http://www.kaiserbird.com Die prys van Eeue van Onreg is R300, Die Keiservoël Oor Namaland en The Scourge of the Kaiserbird kos R400 elk. Posgeld (Courier Guy) is R105. Betaal asseblief die toepaslike bedrag in JT Marais, ABSA Tjekrekening 4054843442 Takkode 632005. Stuur bewys van betaling, selfoonnommer en eposadres na kosiemarais@gmail.com. Aflewering geskied gewoonlik binne twee werksdae.
In 2007 I started writing the book which was published as Die Keiservoël Oor Namaland in 2016. This book not only changed the entire course of my life but I was also awarded the prestigious Orde van die Beiteltjie for it. No less than six translators worked on the English translation titled The Scourge of the Kaiserbird.
Following the publication of Die Keiservoël Oor Namaland I was contacted by Captain John Cornelius Witbooi, leader of the South African clan of Witbooi Namas. He presented me with a stack of books and documents relating to the culture and history of the Nama people. Although he was complimentary about the Die Keiservoël Oor Namaland he wanted a more scientific investigation of the Nama people. I struggled for many years before finally publishing the book in 2024. As yet it is only available in Afrikaans. It is also available, free to read at http://www.koosmarais.com
Eeue van Onreg was formally released at the International Nama festival held on 16 December 2024 at Carnarvon in the Northern Cape. The book received a favourable mention in the Rapport newspaper.
Eeue van Onreg, Die Keiservoël Oor Namaland and The Scourge of the Kaiserbird are available at http://www.koosmarais.com All three books can also be ordered directly from the author. Eeue van Onreg costs R300, Die Keiservoël Oor Namaland and The Scourge of the Kaiserbird cost R400. Delivery by Courier Guy is R105. Please pay the appropriate amount into JT Marais, ABSA Cheque account 4054843442 Branch code 632005 and send the proof of payment, street address as well as email address and cell phone number to kosiemarais@gmail.com Delivery usually takes place within two working days.

















